On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Suid-Afrikaanse boere deur Saai by COP27 verteenwoordig

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Tue, 08 Nov 2022

Suid-Afrikaanse boere deur Saai by COP27 verteenwoordig | News Article
FOTO: Drs Tshilidzi Madzivhandila, sendingshoof van FANRPAN, en Theo de Jager by COP27 in Sharm El-Sheikh, Egipte/Verskaf.

Die landbou-organisasie, Saai, verteenwoordig Suid-Afrikaanse boere by die sewe-en-twintigste sitting van die Konferensie van die Partye, oftewel COP27, in Egipte.

Volgens Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sal die kwessies van Suid-Afrikaanse boere oor die volgende twee weke in meer as 30 vergaderings gehoor word.

LEES OOK: Afname in vetplante in SA wek kommer

De Jager deel dat kwessies oor aanpasbaarheid, metaangasvrystelling by herkouers, belastings en tariewe op vleis, wol en veen, koolstofkrediete, nuwe produksietegnologie en naspeurbaarheid geopper sal word.

Meer as 70 landbouleiers van oral in die wêreld is genooi om die geleentheid by te woon.

Regerings van regoor die wêreld kom gedurende die klimaatsberaad bymekaar om te kyk of hulle konsensus kan kry oor hoe om aardverwarming te keer of te vertraag. 

LEES OOK: Volhoubaarheid en klimaatsverandering

De Jager, wat ook ook as voorsitter van die Food, Agriculture and Natural Resources Policy Analysis Network (FANRPAN) dien, deel verder dat vanjaar se klimaatsberaad op voedselsisteme fokus en is dit ’n prioriteit om boere in die middelpunt van beleidsvorming oor klimaatskwessies te posisioneer.

Die organisasie se hoof-uitvoerende beampte, Francois Rossouw, het verder in ‘n verklaring bygevoeg dat die Karoo die afgelope agt jaar die ergste droogte ooit beleef.

“Saam met die ongekende vloede in KwaZulu-Natal het dit opnuut vir Suid-Afrikaanse landbou gewys hoe uitgelewer aan, en kwesbaar vir klimaatskommelings boere is.

ALSO READ: COP27 summit starts in Egypt

“Dit is vir ons as Suid-Afrikaanse boere van kardinale belang dat ons ’n plek rondom die onderhandelingstafel het sodat ons die boere se belange daar kan stel en verdedig,” sê Rossouw.

OFM-nuus het vroeër berig dat President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika benodig oor die volgende vyf jaar, nagenoeg R1,5 miljard om sy planne uit te kan voer om koolstofvrystelling te besnoei.

Die klimaatsberaad het reeds Sondag 6 November in Sharm El-Sheikh in Egipte begin.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.