On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Beurtkrag ondermyn voedselproduksie

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Tue, 20 Sep 2022

Landbounuus-podcast: Beurtkrag ondermyn voedselproduksie | News Article

Die toename in beurtkrag ondermyn voedselproduksie in Suid-Afrika.

Dit is volgens Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou. Hy sê die organisasie se lede is bekommerd oor die impak van beurtkrag op landbouers se produksievermoë. Armour se kommer volg nadat Eskom onlangs fase 6 beurtkrag moes implementeer ná die uitskakeling van 'n opwekkingseenheid elk by sy Kusile- en Kriel-kragstasies. Armour sê dit veroorsaak egter dat landbou-aktiwiteite vir groot dele van die dag tot stilstand gebring moet word. Vrystaat Landbou het intussen 'n voorlegging aan NERSA gedoen in teenkanting van Eskom se 32%-prysverhoging-versoek wat hy van 1 April 2023 af wil begin implementeer.

Die Agbiz-vertrouensindeks het verder verswak met 7 punte tot 53 in die derde kwartaal, ná 'n 2-punt-daling in die tweede kwartaal van vanjaar. Hoër insetkoste, aanhoudende dieresiekte-uitdagings, stygende rentekoerse en voortdurende swak munisipale dienslewering is van die sleutelfaktore wat tot die verswakking in die vertrouensindeks bygedra het. Die vlak van die vertrouensindeks bo die neutrale 50-punt merk wys egter dat landboubesighede versigtig optimisties bly oor bedryfstoestande in Suid-Afrika.

EN

EN... Die NAMPO Alfa Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo is om die draai, en dr. Dirk Strydom, die hoof van Bemarking by NAMPO, sê besoekers kan uitsien na 'n skou gevul met vele praktiese ervarings. Hy deel dat onder meer van die top-diere in die land ook by dié ekpo te sien sal wees. Strydom sê NAMPO Alfa begin op 29 September op NAMPO Park buite Bothaville.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.