On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Dis belangrik om die regte afslaer te kies

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 18 Aug 2022

Dis belangrik om die regte afslaer te kies | News Article

Dit is belangrik dat ‘n lewendehawe-produsent die regte afslaer of afslaershuis moet kies indien hy/sy diere wil verkoop of koop.

Volgens ‘n afslaer van Vleissentraal Port Elizabeth/Kaap, André van Zyl, is daar verskeie regulasies waaraan voldoen moet word en produsente moet hul navorsing doen om ten einde die regte afslaer of afslaershuis te kies. 

Sien onderstaande PODCAST

Die hoofdoel van ‘n afslaer en afslaershuis, volgens Van Zyl, is om ‘n geordende veiling aan te bied, sowel as ‘n omgewing te skep waar voornemende kopers en verkopers welkom voel en kan deelneem aan die proses van ‘n veiling.

“Ek dink dis van kardinale belang [om die regte afslaer of afslaershuis te kies]. Ons moet onthou die hele bedryf gaan oor diens.

LEES OOK: Die belangrikheid van regsdokumente vir diegene in die veebedryf

“So, in my opinie, die eerste en belangrikste is jy moet ‘n afslaershuis kies wat finansieel sterk genoeg is om die verkopers te kan betaal.”

Wanneer dit by die kies van ‘n afslaer kom, is eerlikheid ononderhandelbaar, beklemtoon Van Zyl. Die afslaer moet ook passievol oor die lewendehawebedryf wees en moet op hoogte van die produk wees wat hy verkoop.

Die afslaer moet ook in staat kan wees om ‘n veilingskatalogus te kan lees en die belangrike waardes vir die voornemende kopers te kan uitlig.

LEES OOK: Bek-en-klouseer – ‘n groot bedreiging vir SA se rooivleisbedryf

Daarmee saam sê Van Zyl is dit belangrik om ‘n gesonde afslaershuis te kies, “want ‘n gesonde afslaershuis gaan koopkrag en diens aan jou as verkoper verskaf.

“Ons moet onthou op die ou einde van die dag doen mense met mense besigheid.”

Voor ‘n produsent sy finale besluit neem ten opsigte van die afslaer of afslaershuis wat gebruik gaan word, is daar verskeie vrae of punte wat eers bespreek moet word. Van Zyl stel voor dat daar vooraf besluit word watter tipe veiling dit gaan wees, byvoorbeeld ‘n produksieveiling, soetveiling of ‘n slagveiling.

Daar moet ook gekyk word na wanneer die veiling plaas sal vind, watter tyd van die jaar toepaslik sal wees en waar die veiling sal plaasvind, sowel as of dit aanlyn of in lewende lywe sal geskiet.

Om ten einde as afslaer of afslaershuis op te kan tree is daar streng regulasies waaraan voldoen moet word. Hierdie regulasies is deur die Landbouprodukte-agenteraad voorgeskryf (APAC). Een van hierdie regulasies sluit in die verpligte registrasie by APAC.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.