On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Nóg swaar reën kan lei tot oesverliese in Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 21 Apr 2022

Nóg swaar reën kan lei tot oesverliese in Noord-Kaap | News Article
Dit lyk ook nie of daar in Junie tot in September/Oktober reën sal voorkom nie.

Voortgesette swaar reën kan lei tot oesverliese in dele van die Noord-Kaap. Dit is volgens Nicol Jansen, die president van Agri Noord-Kaap.

Sien onderstaande PODCAST

Jansen sê voortdurende reënval kan veral ‘n negatiewe uitwerking op sojaboon-oeste in die provinsie hê. Daarmee saam kan baie nat grond, stropers en ander toerusting se vermoë om in landerye te kom, beïnvloed.

LEES OOK: Haglike toestand van paaie raak landbou negatief

Dele van Noordwes het ook aangemeld dat die provinsie bogemiddelde reënval vir April gekry het, en dat hulle in die geskiedenis nog nooit só baie reën in hierdie maand in die provinsie gesien het nie.

In hierdie stadium is daar egter nie grootskaalse skade weens die reën in die Noord-Kaap aangemeld nie maar die organisasie monitor die situasie.

Die Vaalrivier is redelik vol met die Vaaldam wat op 116% staan terwyl die Bloemhofdam op 106% staan. Met damsluise wat geopen word, sê Jansen veroorsaak ‘n styging in die riviervlakke. Die Benede-Oranjerivier vloei tans teen 2 600 kubieke meter per sekonde.

Ten spyte hiervan toon die Oranjerivier ‘n daling, wat as buffer sal dien teen die uitlaat van water uit die Bloemhofdam.

LEES OOK: Meer as 20mm reën oor grootste deel van Vrystaat verwag

Jansen se opdatering oor hoe die reënval oeste in die Noord-Kaap raak, kom nadat KwaZulu-Natal onlangs erg deur oorstromings geraak is.

“Met verwysing na KwaZulu-Natal, die Noord-Kaap wil werklikwaar simpatiseer met die inwoners wat geraak is deur die geweldige vloede – met menseverliese, die skade aan infrastruktuur, en ook met die medeboere wat groot uitdagijngs het om hulle produkte te skuif en verspoelde infrastruktuur, maar ook om hulle insette op die plase te kry…”

OFM-nuus het onlangs berig Agri SA het ‘n webinaar aangebied oor die toestand van paaie in Suid Afrika en hoe dit landbou raak – veral ná die swaar reën. Die swak toestande van paaie affekteer veral produsente wanneer produkte vervoer word. Maar dit kan ook gevolge inhou wanneer werkers vervoer word en in ‘n motorongeluk beland, sowel as die breër publiek wat van hierdie paaie gebruik maak.

Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, het met OFM-nuus gedeel dat met die La Niña-verskynsel, wat steeds redelik sterk is, daar nog reën kan voorkom tot ten minste Mei-maand. Dit lyk ook nie of daar in Junie tot in September/Oktober reën sal voorkom nie.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.