On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Haglike toestand van paaie raak landbou negatief

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 19 Apr 2022

Haglike toestand van paaie raak landbou negatief | News Article

Agri SA het onlangs ‘n webinaar aangebied oor die toestand van paaie in Suid Afrika en hoe dit landbou raak.

Sien onderstaande PODCAST

Die swak toestande van paaie affekteer veral produsente wanneer produkte vervoer word. Maar dit kan ook gevolge inhou wanneer werkers vervoer word en in ‘n motorongeluk beland. 

In terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes kan motorongelukke wat in werksverband ontstaan, aanvaar word as ‘n besering aan diens.

OFM-nuus se Elsabé Richard het met Stephan Pietersen, stigter van Work Accident Support, hieroor gesels.

LEES OOK: Produsente moet op die uitkyk wees vir valse inspekteurs

Wat is die kriteria waaraan voldoen moet word sodat ‘n motorongeluk as ‘n besering aan diens aanvaar kan word? 

Die doel van die vervoer moet verband hou met die werksaamhede van die boerdery. Byvoorbeeld wanneer ‘n produsent werkers in ‘n nabye gemeenskap gaan optel om werk te verrig op ‘n plaas en ook om hulle weer te gaan aflaai.

Die vervoer moet gratis verskaf word. Werkers is nie veronderstel om te betaal om vervoer te word nie.

Daar moet ook op ‘n direkte roete gery word - vanaf die plaas na die gebied waar werkers opgetel word. 

LEES OOK: Produsente moet loonopgawes by Vergoedingsfonds verklaar

Watter ander voorbeelde is daar waarna jy kan verwys van motorongelukke wat aanvaar kan word? 

Bestuurderslede van landbou-organisasies woon gewoonlik vergaderings van landbou-unies by.  Die bestuurslede wat as werknemers beskou word, sal ook gedek word in terme van die wet as hulle in ‘n motorongeluk beseer sou word.

LEES OOK: Maak seker jou boerdery is onder die regte sub-klas geregistreer

Wie is verantwoordelik om toe te sien dat die werker by die naaste dokter moet uitkom? 

Dit is die verantwoordelikheid van die produsent óf ‘n ambulans kan gekontak word om die werker te vervoer na die naaste dokter in ‘n noodgeval.

Daarna moet die produsent die werker optel by die dokter en terugneem plaas toe of na die werker se huis.

 LEES OOK: Nagevolge vir boere wat nie aan nodige vereistes voldoen nie

Word enige voertuie ook gedek as dit in ‘n motorongeluk beskadig is en dit word aanvaar as ‘n werksbesering? 

In terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes word aanspreeklikheid slegs aanvaar vir die betaling van vergoeding aan beseerde werkers en die mediese onkoste aan dokters, hospitale ensovoorts. Ongelukkig dek dit nie die skade wat voertuie opgedoen het nie.

Indien jy enige vrae het of meer oor hierdie onderwerp wil weet, kontak Pietersen by 064 360 2638 of stuur ‘n epos na support@workaccident.co.za. Besoek www.workaccident.co.za vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.