On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onrus ontwrig ekonomie in landelike gebiede

───   ELSABÉ RICHARD 14:27 Tue, 20 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Onrus ontwrig ekonomie in landelike gebiede | News Article
Photo: OFM News

Die KwaZulu-Natalse landbou-unie Kwanalu, sê ‘n opname onder sy lede toon dat verlede week se onrus ekonomiese aktiwiteit met 55-persent ontwrig het in landelike dorpe in die provinsie.

Die SABC berig meer as 60-persent van dorpe het ‘n ernstige voedseltekort. Die hoofuitvoerende beampte van Kwanalu, Sandy La Marque, sê die sluiting van die N3 snelweg het katastrofiese gevolge vir boere, kleinhandel winkels en die hele landbouwaardeketting ingehou. Sy sê die sluiting van verspreidingsentrums en die brandstoftekorte het die landbousektor in die provinsie hard geslaan.

Sentraal Suid-Afrikaners kan van vanmiddag af weer baie lae temperature verwag. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê hierdie koue toestande kan tot Vrydag voortduur en dat inwoners moet kennis neem dat sterk winde weer kan voorkom. Verwagte temperature vir die res van die week kan tot onder minus vyf grade Celsius daal, met ‘n moontlikheid van sneeu oor die suidelike dele van die land. Wat reënval betref, het gebiede soos Springbok in die Noord-Kaap en selfs verder noord reën ontvang. Daar ontstaan ook nog ‘n moontlikheid dat reën in die suidelike dele van die provinsie kan voorkom. Van den Berg sluit af deur by te voeg dat hierdie reën goed is vir die blomme wat gewoonlik later in die jaar in die Namakwaland-streek bloei – iets waarna baie toeriste uitsien.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers [verlede week] op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,07 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,88 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,42 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.