On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VL eis ondersoek na polisievoertuie in landelike gebiede

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:07 Mon, 06 Jul 2020

Landbounuus-podcast: VL eis ondersoek na polisievoertuie in landelike gebiede | News Article

Vrystaat Landbou (VL) eis dat die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, 'n ondersoek las na die beskikbaarheid van voertuie en hulpbronne in landelike gebiede.


Die moontlikheid vir 'n voorsieningsfonds vir die herstel van polisievoertuie moet ook tot stand gebring word om bande, batterye en kleiner herstelwerk aan onklaar voertuie te befonds. Dit kom nadat drie aanvalle op plase langs die Lesotho-grens in die Vrystaat in 'n bestek van bykans twee weke voorgekom het. Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, sê probleme ten opsigte van die diensbaarheid van polisievoertuie kom by talle polisiekantore oor die provinsie heen voor en het tot gevolg dat dienslewering deur die polisie in landelike gebiede ernstig geraak word.

Steeds by aanvalle op plase in die Vrystaat wat langs die Lesothogrens geleë is. In die mees onlangse aanval is 'n bejaarde vrou, Daleen van der Hoeven, Vrydagoggend vroeg ernstig beseer in die Boesmanskop-gebied. Sy is in haar eie motor ontvoer tot by die grens, waarna sy agtergelaat is. Sy kon hulp gaan soek by Lesotho-burgers, wat aan haar bekend is. Jakkals le Roux van Vrystaat Landbou (VL) sê Suid-Afrikaanse boere is toe in kennis gestel, wat hulp kom verleen het. Gert van der Walt is verlede Saterdag op sy plaas Brakfontein in die Zastron-gebied aangeval, terwyl 'n bejaarde boer, John Parr, sy vrou, hul skoonseun en hul kleinkinders verlede Vrydag ook aangeval en op hul plaas in die Kommissiepoort-gebied beroof is. In albei die Van der Walt- en Parr-aanvalle is booswigte noodlottig gewond.

EN

Nampo Kaap sal vanjaar ook nie plaasvind nie. Dit kom nadat Graan SA (GSA) verlede week aangekondig het dat die gewilde Nampo-Oesdag, wat van 11 tot 14 Augustus op Nampopark buite Bothaville in die Vrystaat sou plaasvind, gekanselleer is. Toit Wessels, assistent-bestuurder van Nampo by Graan SA, sê die bestuur van Nampo Kaap, het met GSA, die owerhede en ander betrokkenes dié besluit geneem. Hy sê 'n finale besluit daaroor sou eers einde van vandeesmaand bekend gemaak word, met die hoop op ‘n beter aanduiding van wat die Covid-19-pandemie inhou ten opsigte van samekomste. Hy sê dié besluit is vroeër geneem om 'n moontlike kansellasie van Nampo Kaap op kort kennisgewing af te weer. Wessels het vroeër aan OFM-nuus gesê hoewel die Nampo-Oesdag gekanselleer is, gaan dit vanaf 9 tot 12 September vanjaar virtueel aangebied word.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.