On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brangus-teler ná #Coronavirus-siekte ontslaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 18:16 Tue, 31 Mar 2020

Landbounuus-podcast: Brangus-teler ná #Coronavirus-siekte ontslaan | News Article
Dries Delport

'n Brangus-teler van die plaas Sterkstroom in die Boshof-distrik in die Vrystaat voel geseënd dat hy terug op sy plaas is, nadat hy herstel het van die Coronavirus.


Die 64-jarige Dries Delport is Sondag uit die hospitaal ontslaan nadat hy verlede Sondag erge griepsimptome getoon het. Dit kom nadat Delport en sy seun Johan vroeg in Maart 'n geestelike byeenkoms by 'n kerk in Bloemfontein, waar onder meer die prediker Angus Buchan was, bygewoon het. Vyf dae daarna het hy begin sleg voel en is in die MediClinic Gariep, in Kimberley, opgeneem en behandel nadat hy positief vir die Covid-19-virus getoets het. Delport sê dit is 'n voorreg en genade van God dat hy terug is op die plaas en onder omstandighede beter voel. Intussen het Delport se seun Johan negatief getoets vir die Covid-19-virus. Sy vrou Daleen wag nog vir die uitslag van haar toets.

President Cyril Ramaphosa het diensverskaffers soos betrokkenes in die voedselwaardeketting geloof vir hul toegewydheid te midde van die inperking van 21 dae om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. Ramaphosa het Suid-Afrikaners Maandagaand toegespreek en gesê daar is in daardie stadium 740 000 gevalle van Covid-19 oor die wêreld heen. Altesaam 35 000 mense is al weens dié virus dood. Ramaphosa het verder beklemtoon navorsers en wetenskaplikes het die regering verseker dat die nasionale inperking die regte stap was om dié virus te beheer.  Daar was teen Maandagaand 1,326 gevalle van dié virus landwyd. Ramaphosa het onder meer plaaswerkers, wat bydra tot die voorsiening van kos, tot werknemers in supermarkte, vir hul onbaatsugtige diens bedank. Dit kom nadat die landboubedryf as 'n noodsaaklike diensverskaffer erken word en dus kan voortgaan met sy bedrywighede tydens die inperking. 

EN

Intussen het Agri Suid-Afrika 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en Finansiesminister, Tito Mboweni, om nou die bul by die horings te pak en maatreëls in werking te stel om staatskuld onder beheer te bring. Die organisasie sê besparingsmaatreëls moet ingestel word. Agri SA se adjunk-uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê die regering se salarisrekening moet drasties afgeskaal word om gebrekkige dienslewering deur staatsdepartemente en plaaslike regeringsentiteite vas te vat. Hy sê navorsing deur Bloomberg Economics toon Suid-Afrika gaan een van tien lande wees wat die ergste deur die koronavirus geraak word. Met Suid-Afrika se uitvoermark na China wat sowat R180 miljard beloop, toon Nedbank 'n afname van 10% in Suid-Afrika se uitvoer na dié land. Dit kan lei tot 'n afname in die Bruto Binnelandse Produk (BBP) se groei. Intussen het President Cyril Ramaphosa gesê die regering bly toegewyd om die land se swak ekonomiese groei, en die struikelende staatsbeheerde instellings aan te spreek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.