On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: TLU SA sê landbou op homself aangewese

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:53 Thu, 19 Sep 2019

Landbounuus-podcast:  TLU SA sê landbou op homself aangewese | News Article

Die uitdagende situasie in Suid-Afrika gaan nie met die ANC se betrokkenheid gered word nie, en die verval in die land gaan slegs gestop word as dié regerende party nie meer die politieke dryfveer in Suid-Afrika is nie.


Dit was die kern van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) se president, Louis Meintjes, se boodskap op dié organisasie se jaarkongres in Pretoria, wat Woensdag begin het. Meintjes sê die landboubedryf is op homself aangewese. Volgens Meintjies is dit nodig dat die land 'n parallelle ekonomie vestig waarin daar oorleef en floreer kan word. Die kongres duur vandag voort.

'n Varkboer van die plaas Putfontein by Heilbron in die Vrystaat is platgeslaan nadat hy sy hele varkkudde weens die uitbreking van Afrika-varkpes verloor het.Bertie van Wyk sê dié uitbreking op sy plaas was 'n traumatiese ervaring vir sy hele gesin en plaaswerkers. Hy het sowat 800 varke, waaronder dragtige soê was, in die proses verloor, nadat van sy klein varkies in April vanjaar begin siek word het. Van Wyk sê nadat hy bevestiging ontvang het dat dié klein varkies Afrika-varkpes het, is sy plaas deur 'n staatsveearts en lede van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo) besoek en onder kwarantyn geplaas. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het sowat 170 van die besmette varke van kant gemaak, terwyl die res van sy kudde vinnig gevrek het. Volgens Van Wyk het hy geen vergoeding vir die varke wat van kant gemaak is van die regering ontvang nie. Sy plaas is egter nou nie meer onder kwarantyn nie, en hy moet van voor af begin met 'n nuwe kudde.

EN

Intussen sê die Departement van Landbou en Landelike Onwikkeling in die Vrystaat se woordvoerder, Zimasa Leputla, dié departement het geen vergoeding aan boere verskaf wat varke weens Afrika-varkpes verloor het nie. Leputla sê die departement was egter betrokke om van die besmette varke op die plaas, Putfontein, van kant te maak, maar geen vergoeding is aan enige boere verskaf nie.  



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.