On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK regering sloer met droogteramphulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:42 Tue, 17 Sep 2019

Landbounuus-podcast: NK regering sloer met droogteramphulp | News Article
File image

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap sloer steeds met droogteramphulp aan kommersiële en opkomende boere wat swaar gebuk gaan onder die droogte.


Daarmee saam is dié provinsie al langer as 'n maand gelede in geheel as 'n rampgebied verklaar, maar dit is steeds nie in die Staatskoerant gepubliseer nie. Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê dié organisasie het verlede week met lede van die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) se rampbestuur vergader. Hulle wys die vinger na die departement van landbou, wat glo nie voldoende verslae ingedien het oor R127 miljoen se rampdroogtehulp wat verlede jaar van April tot Junie voorsien is nie. Jansen sê Cogta voer aan dat daar nie voortgegaan kan word met die nuwe bestaande aansoek vir ramphulp nie voordat die kwessie nie afgehandel is nie.  Jansen sê intussen maak boere steeds staat op veevoerskenkings en donasies van weldoeners oor die land heen.

Die voormalige Vrystaatse landbouhoof, Peter Thabethe, het versoek dat sy getuienis by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgestel word, omdat sy regspan hom nie meer sal verteenwoordig nie.  Thabethe is 'n belangrike getuie in die omstrede Vrede-suiwelprojek.  Hy sou na verwagting gister nog getuienis lewer oor dié projek wat na bewering meer as R200 miljoen deur die Gupta-gekoppelde maatskappy , Estina, verduister het.  Adjunkhoofregter, Raymond Zondo, se reaksie op Thabethe se versoek was dat dit ongeleë vir die kommissie is.  Thabethe sal na verwagting op 3 en 4 Oktober, nadat hy 'n nuwe prokureur gevind het, terugkeer om sy getuienis af te handel.

EN

Die Landbousakekamer, Agbiz, en die Nywerheid-ontwikkelingskoöperasie (IDC) se indeks van landbousakevertroue het marginaal tot 46 punte in die derde kwartaal vanjaar verbeter. Dié indeks het in die tweede kwartaal tot 44 punte gedaal. 'n Senior ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê ondanks die styging is 'n vlak onder 50 punte steeds 'n aanduiding dat landboubesighede steeds ietwat negatief is oor saketoestande in die land. Dié opname is tussen 30 Augustus en 10 September gedoen en bestaan uit landboubesighede wat in alle landbousubsektore oor die land heen werksaam is.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.