On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Savpo ondersteun Hepatitis E navorsing

───   17:51 Thu, 15 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Savpo ondersteun Hepatitis E navorsing | News Article

Navorsing wat in 2014 gedoen is oor hepatitis E-vlakke onder varke in die Wes-Kaap het getoon die virus kom wel voor onder varke, maar die voorkoms daarvan is op dieselfde vlak as in ander lande.


Peter Evans, hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, Savpo, sê dié organisasie het medici se studie om vas te stel of die virus onder varke in die Wes-Kaap voorkom, ondersteun. Hy sê navorsing is gedoen, omdat  mense met HIV/Vigs ook hepatitis E gehad het. Volgens hom het die studie, wat op varkplase in die provinsie gedoen is, getoon vlakke van dié virus onder varke op meer tegnologies gevorderde en moderne varkplase se vlak is laer as op ander plase. Dit kom nadat daar verlede week in die media berig is dat daar 'n hepatitis E uitbreking in die Wes-Kaap is. Evans, wat ook 'n veearts is, sê varkprodukte is ook destyds getoets en die virus is in twee lewersmere van sowat 140 monsters opgespoor.

China se aankondiging dat die verbod op sekere Suid-Afrikaanse vleisprodukte opgehef is, is goeie nuus, maar dit kom met aansienlike voorwaardes en struikelblokke. Alhoewel dit goeie nuus vir sekere roovleis produsente is, sê Deon Snyman, bestuurder van Cape Wools, dat die aankondiging absoluut niks in die praktyk beteken nie. Hy het verwys na sekere struikelblokke soos voorwaardes waaraan voldoen moet word, voordat die opheffing enige praktiese voordele vir Suid-Afrika gaan hê, berig Landbou.com. China vereis nou, byvoorbeeld, 'n gesondheidsertifikaat waarvan die vereistes nog nie duidelik is nie. Daar is ook bykomende voorwaardes soos dat uitvoerpakhuise vir vesel, akkreditasie moet ontvang en geïnspekteer moet word. Hierdie maatreëls sal 'n aansienlike tyd neem om te implementeer. Hy meen ook die feit dat China se verbod nog geld vir Limpopo en sekere gebiede in Mpumalanga en KwaZulu-Natal problematies is. Verdere voorwaardes is dat makelaars se pakhuise moet geregistreer word as uitvoergeriewe en daar moet ook oor 'n tydperk temperatuurdata wolberging aangeteken word. Isak Staats, hoofbestuurder van wol en bokhaar by BKB, meen hoewel dit nuwe prosesse behels, dit nie 'n onoorkombare probleem is nie.

EN

Die deelname van vroue aan die landbousektor moet bevorder word om broodnodige werksgeleenthede te skep en voedselsekerheid te verseker. Dit is volgens Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz. Volgens Sihlobo het vroue tussen 60% en 80% van die kleinboere uitgemaak, maar het hulle slegs 15% tot 20% van die grondeienaars in Afrika suid van die Sahara uitgemaak. Hy het verduidelik dat vroue se inkomste 'n groter impak op voedselsekerheid gehad het as dié van mans, volgens Farmer's Weekly. Sihlobo meen studies het getoon dat elke R1 wat vroue verdien, dieselfde impak het as R11 wat mans verdien. Daarom sal die verbeterde deelname van vroue aan kommersiële landbou die potensiaal om voedselonsekerheid aan te spreek, aansienlik verhoog. Hy het egter benadruk dat vroue se bydrae tot Suid-Afrika se landbou-arbeidsmark belemmer is deur wettige en kulturele beperkings, wat tot uiting gekom het in ongelyke erfenis, besit en gebruik van grond.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.