On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondeienaars het minder rede tot kommer - kenner

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:44 Thu, 08 Aug 2019

Landbounuus-podcast: Grondeienaars het minder rede tot kommer - kenner | News Article

Suid-Afrikaanse grondeienaars het minder rede tot kommer oor die voorgestelde wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding.


Dit is volgens die direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van die Vrystaat (UV), Danie Brand, wat Woensdag op Vrystaat Landbou (VL) se jaarkongres buite Bloemfontein gesê het die hele proses is slegs 'n politieke spel wat deur betrokkenes gespeel word.  Volgens Brand gaan dié Grondwetwysing nie grondeienaars se regsposisie verander nie.

Daarmee saam het Brand gesê dit kan tot 700 jaar neem om die nuwe grondeise wat sover ingedien is in Suid-Afrika te verwerk en af te handel. Brand het op Vrystaat Landbou (VL) se kongres gesê dit is die berekening wat in ag geneem moet word teenoor die trant waarteen die oorspronklike eise in die restitusieproses, wat voor die sluitingsdatum op 1998 ingedien is, afgehandel is. Die 124 000 nuwe eise in die land wat ingedien is, is ook anders as die oorspronklike eise, omdat baie van hulle meer problematies is. Daar is 20 000 nuwe geldige grondeise in die Vrystaat wat deur die Grondeisekomissie hanteer moet word.

EN

EN... Met Vrouedag wat Vrydag oor die land heen gevier word, sê 'n vroulike leier in die landboubedryf, vroue moet nie probeer om beter as mans te wees nie, maar hul passie en kundigheid moet hul dryfveer wees. Daleen Potgieter, die eerste vroue president van die Sussex-beestelersgenootskap, sê sy is 'n gewone ma en haar liefde vir beeste het ontwikkel in 'n stoetery toe haar man, George, wat toé 'n naweekboer was, 'n paar jaar gelede die beeste aangekoop het. Potgieter sê haar stoetery, Pothou Sussex, buite Viljoenskroon in die Vrystaat, bestaan uit sowat 300 diere, wat op suurveld wei. Sy het besluit op die Sussex-ras omdat dit 'n aanpasbare uitheemse beesras is.  




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.