Agriculture
Landbounuus-podcast: Ramaphosa se samesmelting van deprtemente verwelkom - Agbiz─── CHRISTAL-LIZE MULLER 14:24 Thu, 30 May 2019

Pres. Cyril Ramaphosa se samevoeging van die departement van landbou met grondhervorming en landelike ontwikkeling is 'n stap in die regte rigting, want landbou moet die enjinkamer van landelike ontwikkeling wees.
Só meen John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, oftewel, Agbiz in reaksie op Ramaphosa wat Woensdag 'n verkleinde kabinet aangekondig het. Die kabinet is van 36 tot 28 verminder. Purchase meen daar is positiewe aanstellings in sleutel departemente, terwyl daar van die onbekwame ministers ontslae geraak is. Hy meen die nuwe minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, is 'n goeie aanstelling. Purchase meen Ramaphosa is gefokus en sy prioriteite is reg, want inklusiewe groei is noodsaaklik en die ekonomie moet omgekeer word. Sdumo Dlamini en Mcebisi Skwatsha is die nuwe adjunkministers van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike-ontwikkeling.
Die landboubedryf verwelkom die nuwe minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, se terugkeer tot die bedryf. Graan SA (GSA) se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê Didiza is goed bekend aan die bedryf en het die nodige ondervinding en weet wat landbou se uitdagings is. Didiza was vanaf 1999 tot 2006 die minister van openbare werke, waarna sy as die minister van landbou aangestel is.
Die departement van landbou het vandeesweek verklaar die uitbreking van bek-en-klouseer is amptelik onder beheer en geen nuwe voorvalle is sedert Februarie vanjaar aangemeld nie. Dit kom nadat die virus in Januarie in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het, waarn Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort is. Die departement het in 'n verklaring gesê daar is reeds aansoek by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) gedoen sodat dié gebied tot 'n beperkingsone verklaar kan word. Daar is ook reeds begin met onderhandeling vir marktoegang vir veilige kommoditeite. Daarmee saam sê die hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wolkwekersvereniging, Leon de Beer, danksy die departement se suksesvolle onderhandeling het China sy verbod op wol-invoer uit Suid-Afrika opgehef.
EN
Veeboere veral naby die Lesotho-grens word gemaan om hul beeste, skape en bokke teen miltsiekte in te ent. Dit kom nadat 'n uitbreking van miltsiekte naby Maseru in Lesotho bevestig is. Die Rooivleisprodusente-organisasie oftewel, die RPO, sê miltsiekte kom ook voor by wild en dit is noodsaaklik dat besmette wildsvleis geensins geëet word nie. Karkasse moet met groot omsigtigheid hanteer word, want in die Lesotho-geval is mense ook met die virus besmet, nadat die karkasse oopgesny en die vleis geëet is. Volgens die RPO moet boere uiters versigtig wees wanneer diere gekoop word. Dié diere moet siektevry wees. Daarmee saam moet die verskuiwing van vee en wild vermy word. Die besmette gebied in Lesotho is binne ‘n radius van 10km onder kwarantyn geplaas.
OFM-nuus