On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   12:31 Thu, 20 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Na aanleiding van Dinsdag se hofbeslissing om die persoonlike gebruik van dagga te dekriminaliseer, kyk die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye na die moontlikhede om hennep in Suid-Afrika te kweek.


Volgens die Landbounavorsingsraad word dit gebruik om meer as 25 000 verbruikersprodukte soos skoene, klere, papier en seep te maak. Die hennepplant kan tot nege meter hoog word, maar wanneer dit gekweek word, groei dit gemiddeld tot tussen twee en vier meter hoog. Alhoewel soortgelyk in voorkoms, kan die dagga-plant meer sytakke ontwikkel en 'n meer bos-agtige voorkoms hê in teenstelling met die hennepplant. Die departement lei 'n interdepartementele span wat tans 'n nuwe reguleringsraamwerk vir hennep ontwikkel.

Die Alfa vee-ekspo by die Afridome in Parys in die Vrystaat is n miernes van bedrywighede. Donderdag is die laaste dag van die ekspo, en daar is talle hoogtepunte op die program. OFM-nuus se Christal-Lize Muller is daar.

EN

Diesel is nou volgens Graan SA die tweede grootste uitgawe van boerderye, met kunsmis bo-aan die lys van uitgawes vir die 2018/19-seisoen se somergewasproduksie. Dit kom nadat die AA 'n rekordverhoging in brandstofpryse vir Oktober voorspel, met 'n moontlike toename van R1,38 per liter in die groothandelprys. Senior ekonoom van Graan SA, Corné Louw, het vroeg in September gesê oliepryse, saam met die verswakkende rand, is die primêre drywers agter die groot brandstofverhogings wat in Oktober verwag word.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.