On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Georganiseerde landbou deel van grondhervormingsproses

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:54 Wed, 29 Aug 2018

PODCAST: Georganiseerde landbou deel van grondhervormingsproses | News Article
Photo: Supplied

Grondhervorming moet op 'n verantwoordelike wyse in Suid-Afrika plaasvind.


Die ANC-regering beklemtoon dit herhaaldelik. Daarmee saam gaan georganiseerde landbou, deel van die proses wees. Dit is volgens die politieke ontleder, Melanie Verwoerd, een van die gassprekers op Agri Noord-Kaap se jaarlikse kongres in Kimberley.

EN

Van Zyl Naude van Richmond is as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys. Naude boer met Merino-skape en Drakensberger-beeste. Hy lewer wol vir die uitvoermark. Hy het op Agri Noord-Kaap se kongres in Kimberley aan OFM-nuus gesê die eerbewys het onverwags gekom maar dit is 'n trotse oomblik.

Intussen is Danie Fourie van Douglas ook as die mede-wenner van die Jongboer van die Jaar-kompetisie in dié provinsie aangewys. Hy het in die afdeling besproeiings-boerdery gewen. Naude sal Agri Noord-Kaap egter op die nasionale kompetisie later vanjaar verteenwoordig.

EN

Die Oesskattingskomitee se verwagte produksie vir koring is sowat 1,8 miljoen ton. Dit is 17,79% meer as die vorige seisoen se oes van 1,5 miljoen ton. Die verwagte opbrengs is 3,56 ton per hektaar. Dié toename in die verwagte kommersiële koring-oes kom nadat sekere dele in die Wes-Kaap goeie reën gehad het en damvlakke gestyg het. In die Wes-Kaap is die verwagte produksie van koring 858 600 ton. Dit is sowat 271 800 ton meer as die 586 000 ton wat in die vorige seisoen geproduseer is. In die Vrystaat is die verwagte produksie vir koring 362 250 ton. Dit is 20% meer as die vorige seisoen se oes van 236 000 ton. In die Noord-Kaap is die beraamde produksie sowat 292 600 ton. Dit is sowat 16% minder as die sowat 311 600 ton wat in die vorige seisoen geproduseer is.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.