On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Bespreek nou vir inligtingsdag oor onteiening

───   15:44 Fri, 23 Mar 2018

Bespreek nou vir inligtingsdag oor onteiening | News Article
Agri SA se Annelize Crosby is een van die kundiges wat gaan praat op die spesiale inligtingsdag vir boere oor die onteieningskwessie.

Boere het tot 9 April om te registreer vir ’n inligtingsdag wat die landbou-ekonoom, Johan Willemse, en Nedbank in Bloemfontein oor die grondonteieningskwessie hou.


Die grootste gedeelte van Willemse en Nedbank se kwartaallikse landboumarkwerkswinkel gaan aan die grondkwessie gewy word.

Willemse het op versoek van bekommerde boere dié inligtingsdag gereël. 

Die politieke ontleder, Theo Venter, van die Noordwes-universiteit, gaan boere inlig oor die ANC se grondbeleid. Agri SA se hoof van grondsake, Annelize Crosby, gaan oor die wetlike aspekte van die grondkwessie gesels. Die Bankvereniging van Suid-Afrika se Pierre Venter gaan die banke se standpunt oor die kwessie stel. 

Dié inligtingsdag word op 13 April vanaf 09:00  by die Biker’s Church net buite Bloemfontein gehou. 

As jy dit wil bywoon, kan jy 'n e-pos na marlene@jomar.co.za stuur.



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.