On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Matrics 2016

Matrieks het meer hulp nodig met hoë studiekoste - Solidariteit

───   15:17 Fri, 06 Jan 2017

Matrieks het meer hulp nodig met hoë studiekoste - Solidariteit | News Article

Bloemfontein - Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum word tans oorval met aansoeke van matrieks wat verder wil studeer.


Die Sentrum help vanjaar reeds 1 500 studente met rentevrye studielenings ter waarde van R40 miljoen, maar meer as 6 000 aansoeke vir hulp is reeds ontvang en aansoeke stroom steeds in.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het Helpende Hand die afgelope vyf jaar reeds meer as 5 000 studente met hul studies bygestaan. 

“Die Studiefondssentrum is baie trots op die rentevrye lenings se terugbetalingskoers van 98% en glo dit sê baie van die gehalte student wat deur die sentrum bygestaan word. Studente wat aansoek doen om hulp word streng volgens meriete en behoefte gekeur, en die slaagsyfer onder leninghouers word op sowat 90% beraam – baie hoër as die nasionale gemiddeld,” het Buys gesê.

Volgens Buys plaas die uitdaging om studiekoste te finansier groot druk op instellings soos Helpende Hand se studiefondse om in die toenemende behoeftes van belowende jongmense te voorsien. “Daarom word ’n beroep op sakelui en die publiek gedoen om in verdienstelike studente se toekoms te belê deur met studiekoste te help. Die Helpende Hand Studiefonds word deur gewone mense befonds wat graag ’n toekoms vir jongmense wil verseker. Besteding in opleiding bly die beste belegging wat ’n mens kan maak,” het Buys gemaan.

“’n Matriekkwalifikasie is ’n toegangskaartjie tot verdere opleiding wat jongmense in staat sal stel om ’n goeie werk te bekom of ’n klein besigheid te begin. Navorsing bied oorgenoeg bewys dat mense met goeie kwalifikasies beter werk met hoër inkomstes kry, en ook moeiliker hul werk verloor as daar ’n ekonomiese afswaai is,” het Buys verduidelik.

Verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.