On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Matrics 2016

Daar is hoop vir dié met swak matriekuitslae

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:10 Fri, 06 Jan 2017

Daar is hoop vir dié met swak matriekuitslae | News Article

Bloemfontein - Matriekleerlinge wat nie hul maktriekjaar geslaag het nie, hoef nie in sak en as te gaan sit nie.


Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole (Fedsas) se Jaco Deacon sê daar is verskeie alternatiewe. Hy raai leerlinge aan om aansoek by die Departement van Onderwys te doen om antwoordstelle in vakke waarin hulle nie goed gevaar het nie, te laat hernasien. Leerlinge sal egter daarvoor moet betaal. Deacon sê leerlinge kan ook herregistreer om vakke in 'n volgende eksamen oor te skryf of hulle kan hul matriekjaar herhaal.


Jongmense moet vasstel wat hul studiegewys verder kan doen sonder 'n matriekkwalifikasie. Hulle moet uitvind of daar kursusse is wat voltooi kan word sonder dat 'n matrieksertifikaat daarvoor benodig word. Hy sê mense kan dalk vaardig wees en in 'n ambag spesialiseer.


Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die hermerk van antwoordstelle of die proses waarin dit nagegaan word, is op 19 Januarie. Vraestelle kan slegs gesien word ná die hernasien daarvan of nadat dit nagegaan is.


Die hernasien van 'n vraestel kos R82. Om 'n vraestel na te laat gaan, kos R21 en om dit te sien kos R180.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.