Local News
Boerboel byt seuntjie (3) in die gesig─── 16:46 Sun, 29 Jan 2012
Bloemfontein - 'n 3-jarige seuntjie is vanoggend in Mediclinic Bloemfontein opgeneem nadat hy deur 'n boerboel aangeval is. ER24 woordvoerder Vanessa Jackson sê 'n gesin, oorspronklik van Brakpan, het die naweek by 'n gastehuis in Winburg oorgebly vir 'n troue. Jackson sê die seuntjie en 'n ander kind het vanoggend buite gespeel toe die hond die seuntjie in die gesig gebyt het. Sy sê dit is onduidelik wat die rede vir die aanval was. Die kind se pa het spoedig tot sy redding gekom, en het die hospitaal geskakel.
'n ER 24 ambulans het met die ouers kontak gemaak, en het die kind op die N1 in die ambulans oorgelaai. Hy is tans in 'n stabiele toestand. Die lot van die hond is in hierdie stadium onbekend.
- ER 24
Boerboel byt seuntjie (3) in die gesig:
