On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Motheo FET College-studente oorhandig klagte memorandum aan Premier

───   17:06 Tue, 24 May 2011

Motheo FET College-studente oorhandig klagte memorandum aan Premier | News Article

Bloemfontein - Studente van die Motheo FET College in Bloemfontein het vroeër vandag 'n optog na die Vrystaat Premier, Ace Magashule, se kantoor gehou om 'n klagte memorandum te oorhandig. President van die Studenteraad Nkosinathi Nqesi sê studente is moeg om met 'n korrupte college-bestuur te sukkel. Nqesi sê die studente versoek dat Magashule 'n ondersoek loods na die bestuursituasie by die College en beweerde korrupsie. Die studente eis ook dat die College se hoof Paseka Simon Maboya afgedank moet word. 'n Senior amptenaar in Magashule se kantoor het die memorandum in ontvangs geneem. Sommige van die kwessies wat in die memorandum aangeraak word, is die gebrek aan sekuriteit op die kampus, 'n tekort aan handboeke en 'n gebrek aan gekwalifiseerde dosente.

Sapa

 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.