Local News
Helpende Hand reik uit na Bloemfontein-minderbevoorregtes─── 12:17 Wed, 11 Aug 2010

Liezl Liebenberg
Bloemfontein - Kinders en volwassenes in nood gaan vanaand dalk bietjie warmer kan slaap danksy Solidariteit Helpende Hand se eerste nasionale projek van die nuutgestigte vroue-organisasie Vroue in Aksie. Die projek behels die uitdeel van kosblikke, komberse en voedsame etes aan minderbevoorregte kleuters en volwassenes in Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein. Skakelbeampte van Helpende Hand, Lindie Strydom, sê bo en behalwe die uitdeel van kosblikkies en voedselkoepons by die skole, kan takke op eie inisiatief programme aanbied wat fokus op die intellektuele en motoriese ontwikkeling van die kind. Kos en komberse is gister aan minderbevoorregtes by die De Bloem NG Gemeente in Bloemfontein uitgedeel.