Local News
Tieners besluit oor die mees vername wereldwonders─── 16:49 Wed, 16 Sep 2009

Alani Janeke
Potchefstroom - Tieners meen glo dat die Yushan bergreeks in China, die Puerto Princesa ondergrondse rivier in die Fillippyne en die Vesuvius vulkaan in Italië van die belangrikste wonders in die wêreld is. Volgens die Nuwe Sewe Wonders van die wêreld veldtog het tieners wêreldwyd gister die meeste vir dié drie natuurwonders op hul webtuiste gestem. Woordvoerder, Tia Viering, sê daarenteen het die meeste volwassenes vir die Kloof van Moher in Ierland en die Iguazu watervalle in Brazilië gestem. Sy sê hulle bied weekliks verskillende meningsopnames op hul webtuiste aan om die stemproses interaktief te maak. Suid-Afrika se eie Tafelberg is een van die 28 finaliste. Belangstellendes kan op www.new7wonders.com gaan stem.