Local News
Motor ontplof by Burhmansdrift in Noordwes─── 08:08 Sun, 30 Aug 2009

Burhmansdrift - 'n Motor het gistraand naby Burhmansdrift in Noordwes ontplof enkele minute nadat die bestuurder in hegtenis geneem is. Woordvoerder vir die Noordwes- departement vir openbare veiligheid, Lesiba Kgwele, sê die bestuurder van die Opel Astra is vir dronkbestuur in hegtenis geneem en na 'n plaaslike hostpitaal vir bloedtoetse gebring. Kgwele sê drie beamptes was "duidelik geskok" deur die ontploffing. Die bestuurder se koeltas en oorblywende drank is die enigste items wat polisie van die brandende voertuig kon red. Die verdagte en sy passassier was van Zeerust na Mafikeng onderweg. Polisie het hulle van die pad af getrek toe hulle agter kom die motor ry wydsbeen oor twee bane.
Sapa