Local News
Aardklop en lugskou terselfdertyd in Potch─── 18:17 Wed, 22 Jul 2009

Alani Janeke
Potchefstroom - Die Aardklop Kunstefees is NIE in 'n regsgeding met die regering, oor 'n lugskou wat tydens die fees in Potchefstroom gehou gaan word, gewikkel nie. Hoofbestuurder, Marelise Kruger, sê die North West International Airshow sal op Saterdag, die 3de Oktober in Potchefstroom aangebied word. Die fees word vanjaar vanaf die 29ste September tot en met die 3de Oktober gehou. Kruger sê die organiseerders het hulle in kennis gestel dat die lugskou, wat dan gewoonlik in Mafikeng aangebied is, na Potchefstroom geskuif is. Sy sê hulle onderhandel tans met die organiseerders om te bepaal hoe die twee geleenthede terselfdertyd suksesvol aangebied kan word. Die organiseerders se Ricky Rennie sê hulle sal Maandag volledige inligting oor die lugskou bekendmaak.