On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

#NuusPasOntvang: ‘n Bekende boer in beestelerskringe met mes gesteek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:39 Wed, 18 Apr 2018

#NuusPasOntvang: ‘n Bekende boer in beestelerskringe met mes gesteek | News Article

'n Vooraanstaande beesstoetteler in die Noordwes en sy vrou is na bewering vanoggend op een van hul plase in die Reivilo-gebied aangeval.


Volgens inligting is die teler met 'n mes gesteek en hy ontvang behandeling in 'n hospitaal. Na wat verneem word het die aanvallers glo in 'n wit bakkie met onder meer die egpaar se vuurwapens op die vlug geslaan.

'n Lid van die beestelersgenootskap waaraan dié teler behoort, sê sover bekend is dié teler se vrou nie ernstig in die aanval beseer nie wat omstreeks 02:00 plaasgevind het.

Hy sê dié genootskap wil eers meer inligting bekom voordat hulle amptelik kommentaar lewer. Die polisie in Noordwes sê hulle sal spoedig op OFM-nuus se navraag reageer. OFM-nuus is in besit van die boer en sy vrou se name, maar weerhou dit vir eers totdat die polisie die voorval bevestig.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.