On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Soektog na Mooinooi-vermistes duur voort - polisie

───   DANE BEISHEIM 11:07 Mon, 18 Dec 2017

Soektog na Mooinooi-vermistes duur voort - polisie | News Article

Noordwes-polisie soek steeds onverpoosd na die lyke van twee Mooinooi-vroue wat sedert 10 Desember vermis word.


Volgens polisiewoordvoerder, Mpeile Talane, is die uitgebrande Nissan X-trail-sportnutsvoertuig van Joey en Anisha van Niekerk sedertdien in die Magaliesburg-omgewing gevind. Drie mans is op 14 Desember in verband met die vroue se verdwyning in hegtenis geneem. Volgens Talane is van die vroue se persoonlike besittings, waaronder bankkaarte, in die verdagtes se besit gevind.

"Ons doen ‘n beroep op lede van die publiek met enige inligting wat kan help met die ondersoek om na vore te kom. Hulle kan die ondersoekbeampte skakel by 014-574-5000," voeg Talane by.

Die vroue is vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien. Hulle was onderweg na Pretoria om die roudiens van Joey van Niekerk se pa by te woon. Hulle het nooit hul eindbestemming bereik nie en het ook nie die daaropvolgende Dinsdag die roudiens bygewoon nie.

Intussen het Jack Mokotedi, Aaron Sithole en Koos Strydom Vrydag 15 Desember in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ’n vuurwapen en dwarsboming van die gereg. Die saak is tot 22 Desember uitgestel. Die verdagtes sal in aanhouding bly tot en met hul volgende hofverskyning.


Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.