Click on the warning image to view this post
Local News
VIDEO: NWU Vaal-student tydelik geskors ná beweerde aanranding─── DANE BEISHEIM 10:50 Wed, 08 Nov 2017
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus in Vanderbijlpark se interne dissiplinêre verhoor teen ’n student wat glo haar kamermaat aangerand het, sal op 23 November plaasvind.
Dit is volgens die universiteit se woordvoerder, Annette Willemse, wat byvoeg dat die betrokke student tot en met dan van die kampus geskors is. Dit beteken volgens Willemse dat sy gevolglik ook nie haar eksamen kan hervat nie.
Die rede vir die skorsing is tweeledig, gesien in die ernstige lig van die oortreding en die NWU se verbintenis en verantwoordelikheid om studente op die kampus veilig te hou.
’n Video van die voorval, wat in Oktober plaasgevind het, het kort nadat dit plaasgevind het die rondte op sosiale media begin doen. Polisieminister Fikile Mbalula het, nadat hy die video gesien het, ook belowe om die saak te ondersoek.
Verder sê Willemse doen die slagoffer, Nonhlanhla Ngubeni, goed onder omstandighede.
“Sy was na die kampuskliniek gestuur waar die suster aan diens na haar beserings gekyk het. Traumaberading is beskikbaar gestel vir haar en haar vriende wat die voorval gade geslaan het. En dan het die kantoor van die vise-kanselier op die kampus, prof. Linda du Plessis, gesê indien die student van ‘n tweede eksamengeleentheid gebruik wil maak, sy met die administratiewe reëlings sal help en die koste van so ’n reëling sal dra,” voeg Willemse by.
GUYS!! my cousin was beaten by this animal yesterday over a WIFI password! She's in hospital and police didn't make an arrest!!! pic.twitter.com/mhDu6uZ5fi
— Nthateng (@highly_fav_g) October 31, 2017
OFM-nuus