On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Stadsaal op Wepener aan die brand gesteek

───   MARK STEENBOK 11:12 Fri, 11 Aug 2017

Stadsaal op Wepener aan die brand gesteek | News Article

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van brandstigting nadat die historiese stadsaal op Wepener vanoggend vroeg in ‘n brand beskadig is.


Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, het bevestig dat dele van die saal, waar die munisipale geboue geleë is, omstreeks 02:00 vanoggend aan die brand gesteek is. Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend en dat dit deel sal vorm van die polisie se ondersoek. Ngcukana sê die vuur is ook vanoggend geblus en dat die owerhede nog op die toneel is.

“Ons kan in hierdie stadium nie sê waar in die gebou die brand begin het nie. Dit is net die hoofstadsaal wat aan die brand gesteek is. Ons is gelukkig dat die munisipale kantore self nie uitgebrand het nie.

Daar is ook nie enige dokumente wat in die proses vernietig is nie.

In hierdie stadium word gemene spel nie uitgesluit nie en geen verdagtes is nog in hierdie verband vasgetrek nie. Die polisie is nou op die toneel om te bepaal hoeveel skade aangerig is,” sê Ngcukana.

Die sandsteengebou is in die jaar 1927 gebou.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.