On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

NK-polisie vat misdadigers vas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:19 Mon, 27 Mar 2017

NK-polisie vat misdadigers vas | News Article
File photo

Colesberg - Die polisie in die Noord-Kaap het die naweek op die R58 by Colesberg op perlemoen ter waarde van R1.8 miljoen beslag gelê.


Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê 'n 37-jarige man sal na verwagting vandag in die landdroshof op Colesberg verskyn nadat 5 000 plastiese sakke perlemoen agter op sy bakkie gevind is. Dié inhegtenisneming het deel gevorm van 'n weeklange operasie deur die polisie wat op misdaadvoorkoming gefokus het. Tawana sê verskeie polisie-eenhede was betrokke. Verskeie padblokkades op besige paaie soos die N1 en die N8 het deel gevorm van die operasie in die Pixley Ka Seme gebied wat vrugte afgewerp het.

Hy sê die polisie se operasie wat verlede week uitgevoer is, het ten doel gehad om misdaad te bestry. Die polisie was op die uitkyk vir gesteelde goedere soos vuurwapens. Die polisie het ook gesoekte misdadigers probeer opspoor, sê hy.

Tawana sê vier mans is afsonderlik aangekeer in verband met die besit van Mandrax-tablette en dagga wat altesaam sowat R10 miljoen werd is.

Volgens hom is meer as 10 onwettige immigrante ook in hegtenis geneem. Verskeie verkeersboetes is uitgereik aan bestuurders sonder rybewyse en voertuie wat nie padwaardig was nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.