Local News
Bevelvoerder by Bloemfontein-lugmagbasis gegroet─── MARK STEENBOK 14:49 Fri, 20 May 2016

Chris Opperman (OFM-nuus)
Bloemfontein - Familie, vriende en kollegas het vandag op die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein byeengekom om hul laaste eer aan die lugmagvlieënier en -bevelvoerder, Chris Opperman, te betoon.
Opperman, wat ongeveer 13 000 vliegure in helikopters agter die rug het, is op 12 Mei in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Hy het reeds in 1983 'n lugmagvlieënier geword en is op 1 Januarie aangestel as bevelvoerder by die Bloemspruit-lugmagbasis.
Hy het al in nege lande gevlieg en het ook die lugmag se Ad-Astra-medalje vir reddingswerk ontvang.
Generaal Chris Gildenhuys het hom as ‘n baie goeie soldaat beskryf.
OFM-nuus
- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.