Local News
Noord-Kaapenaars kan binnekort hul voertuiglisensies by poskantoor hernu─── CATHY DLODLO 07:48 Mon, 22 Feb 2016

OFM News
Kimberley - Inwoners van die Noord-Kaap gaan binnekort hul voertuiglisensies by die poskantoor kan hernu.
Dit volg ná Premier Sylvia Lucas se aankondiging dat die provinsiale departement van Veiligheid en Vervoer tans met die Suid-Afrikaanse Poskantoor onderhandel as deel van die provinsie se planne om skuldinvorderings op te skerp.
Lucas sê die provinsiale regering gaan ook dringend aandag skenk aan die tekort aan verkeersbeamptes op nasionale paaie in die provinsie.
Lucas het in haar provinsiale rede verlede week gesê die Noord-Kaap bevind hom in die middel van 'n ekonomiese storm met die voorgenome afleggings in die mynbedryf, aangesien dié bedryf een van die grootste werkverskaffers in die provinsie is.
OFM-nuus