On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Twee polisiebeamptes en verdagte sterf in motorongeluk in VS

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:32 Thu, 04 Feb 2016

Twee polisiebeamptes en verdagte sterf in motorongeluk in VS | News Article

Bloemfontein - Twee speurders van Botshabelo is naby Bloemfontein, tussen Winburg en Verkeerdevlei, dood toe die polisiemotor waarin hulle twee verhoorafwagtendes vervoer het, gisteraand gerol het.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thandi Mbambo, sê ‘n 43-jarige speurder wat die motor bestuur het, het omstreeks 22:00 vermoedelik beheer daaroor verloor. Sy sê hy en een van die verdagtes is op die toneel dood. Die ander ernstig beseerde speurder en ‘n tweede verdagte is na die hospitaal op Winburg geneem, waar die 43-jarige speurder vanoggend dood is.

Mbambo sê die verdagte, wat die ongeluk oorleef het, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. ‘n Onbekende vrou, wat ook in die motor was, is ook op die toneel dood.

Mbambo sê die polisie probeer nog vasstel wie die vrou is en waarom sy in die polisiemotor was.

Die Vrystaatse polisiekommissaris, Thabethe Mpembe, het sy medelye aan die speurders wat hul lewe aan diens verloor het en die oorledene wat in polisiebewaring was, betuig.

‘n Klag van strafbare manslag word ondersoek.

Volgens haar het die speurders gisteraand die verdagtes op Kroonstad by ‘n plek van veiligheid afgehaal en per motor na Botshabelo se aanhoudingselle vergesel waar hulle vandag op ‘n aanklag van besigheidsroof in die hof moes verskyn.

Mbambo sê die oorledenes se name kan in dié stadium nie bekend gemaak word nie, omdat hul naasbestaandes eers in kennis gestel moet word.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.