On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Vaalrivierbesoedeling: Matlosana sal môre reageer

───   DANE BEISHEIM 17:42 Tue, 10 Feb 2015

Vaalrivierbesoedeling: Matlosana sal môre reageer | News Article

Klerksdorp - Die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes wou nog nie kommentaar lewer op bewerings dat hulle besig is om die Vaalrivier te besoedel nie.

Skakelbeampte Isaac Diphoko het gesê dat dit 'n sensitiewe kwessie is en dat hulle tyd nodig het om hul terugvoer te formuleer.
Dit volg nadat die VF Plus se Michal Groenewald vroeër vandag 'n verklaring uitgereik het waarin hy beweer dat die Stilfontein-rioolstelsel weinig of glad nie werk nie, en onverwerkte riool in die Koekemoerspruit inspoel wat direk in die Vaalrivier vloei.
 
Hy het gesê die party gaan 'n klagte by die groen skerpioene lê.
 
Diphoko sê die munisipaliteit, wat in Klerksdorp gesetel is, sal môre reageer.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.