On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Morné
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Landboudal-meisie is VS se beste in rekeningkunde, wiskunde en wetenskap

───   17:15 Tue, 06 Jan 2015

Landboudal-meisie is VS se beste in rekeningkunde, wiskunde en wetenskap | News Article

Bloemfontein - Vanjaar se dux-leerling aan die Hoër Landbouskool Landboudal, op Jacobsdal, Andrea Snyman, was die Vrystaat se beste presteerder in rekeningkunde, wiskunde en wetenskap.

 Skoolhoof Henco Gericke sê ondanks die uitdagings van die nuwe leerplan het Landboudal se 18 matriekmeisies en 44 -seuns goed presteer.
 
Die skool het vir die 29ste jaar ’n 100%-matriekslaagsyfer en die matrieks het saam 49 onderskeidings ingepalm. Andrea, van Kimberley, het vir vyf van haar vakke meer as 90% verwerf en 99% vir rekeningkunde gekry.

Nog een van Landboudal se meisies is onder die Vrystaat se 100 beste matriekpresteerders. Petro van Eck, van Jacobsdal, het ook sewe onderskeidings ingepalm.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Henco Gericke:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.