Local News
Noord-Kaapse universiteitsraad ingehuldig - ‘historiese oomblik vir hoër onderwys’─── OWEN KOCK 14:42 Tue, 19 Aug 2014

Kimberley - Die tussentydse hoof van die Sol Plaatje-Universiteit in Kimberley, Yunus Ballim, het vandag gesê die inhuldiging van die eerste volwaardige raad van die instansie, is nie net ‘n historiese een vir die Noord-Kaap nie, maar vir hoër onderwys in Suid-Afrika.
Ballim is verlede jaar deur die minister van hoër onderwys Blade Nzimande aangestel, en was die eerste werknemer van die eerste universiteit wat tot stand gekom het in ‘n demokratiese Suid-Afrika.
Ballim sê die Noord-Kaap se stem moet wêreldwyd gehoor word en hy het die hoop uitgespreek dat hulle daardie rol sal vervul.
Die universiteit het vanjaar 125 studente ingeneem en hoop om teen die einde van September, wanneer aansoeke sluit, die getal te verdubbel.
Owen Kock/OFM-nuus
Blade Nzimande
Yunus Ballim