On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Hawelose kinders ontdek gru-vonds in asblik in BFN

───   06:38 Fri, 18 Jul 2014

Hawelose kinders ontdek gru-vonds in asblik in BFN | News Article
Bloemfontein - Twee hawelose kinders het Donderdag op 'n erg geskende fetus in 'n asblik in Bloemfontein se middestad afgekom, terwyl hulle kos gesoek het.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Chaka Marope, het gesê die kinders het omstreeks 11:30 die gru-vonds in Floreatlaan naby die Edgars-klerewinkel gemaak.

“Die kinders, onderskeidelik nege en 10 jaar oud, het in die asblik vir kos gesoek,” het Marope gesê. “Die fetus was in 'n swart plastieksak. Die maag is oopgesny en daar is ook 'n steekwond aan die linkerbeen. Die kinders het hulp van 'n 35-jarige vrou ontbied wat verby hulle gestap het.”

Volgens kenners van Medico Legal wat op die toneel was, is die fetus 'n dogtertjie in haar negende maand van ontwikkeling.

Die Parkweg-polisie ondersoek 'n saak van verberging van geboorte.

"'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te kyk of die fetus gelewe het toe haar liggaam geskend is. Indien dit wel die geval is, sal 'n bykomende saak van moord ondersoek word,” het Marope bygevoeg.

Die ma is nog nie opgespoor nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die ma om Khaile Mathibela by 073 9378 645 te skakel.
 
Maroela Media 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.