Local News
Anne-Marie Roux van Potch Gim top matriek in NW─── DANE BEISHEIM 14:54 Tue, 07 Jan 2014

Dane Beisheim
Sun City - Noordwes het sy 2013 matriekpresteerders by 'n geselligheid by Sun City bekend gemaak.
Anne-Marie Roux van Potchefstroom Gimnasium het die titel van toppresteerder ingepalm met 'n gemiddelde persentasie van 94,4%. Sy het agt vakke gehad. Roux is een van twee Noordwes-leerders wat onder die top 10 kandidate in die land is.
Die top kandidaat in Wiskunde en Wetenskap was Marike Grobler van Hoërskool Lichtenburg. Die Ngaka Modiri Molema distrik is die top distrik in die provinsie - 90% van die matrieks het geslaag.
Hoërskool Lichtenburg is aangewys as top presterende skool, gevolg deur Potchefstroom Gimnasium, Hoër Volkskool in Potchefstroom, Brits Hoër en Potchefstroom Girls High.