Local News
Kby se 'Groot Gat-hond' se eienaar wil haar terughê─── 17:12 Tue, 26 Nov 2013

Alzane Narrain
Bloemfontein - Die eienaar van die hond wat Saterdag uit Kimberley se Groot Gat gered is, sê hy is baie lief vir sy hond en het alles probeer om haar te vind nadat sy 'n week vroeër by sy huis weggeraak het.
Pastoor Chris Baadjies sê hy is nou besig om regsadvies in te win oor hoe om sy hond terug te kry nadat die DBV glo weier om haar aan hom terug te gee.
Baadjies sê die DBV het aan hom verduidelik dat as hulle wel die hond aan hom teruggee dit 'n negatiewe teenreaksie van die gemeenskap en selfs die internasionale media kan kry wat kan veroorsaak dat die organisasie selfs sy deure sal moet sluit.
John Seeley, wat die hond gered het, het vanmiddag aan OFM-nuus gesê hy het reeds vorms by die DBV ingevul om haar aan te neem.
Baadjies sê die hond se regte naam is Gigi.
John Seeley, wat die hond gered het, het vanmiddag aan OFM-nuus gesê hy het reeds vorms by die DBV ingevul om haar aan te neem.
Baadjies sê die hond se regte naam is Gigi.
Die DBV kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Pastoor Chris Baadjies wil sy hond terug hê:
John Seeley, wat die hond gered het, het vorms ingevul om haar aan te neem.: