Local News
Bloemspruit se vermeende asblikmoordenaar 10 Okt weer in hof─── 15:09 Fri, 04 Oct 2013

Lani Fouché
Die man wat daarvan verdink word dat hy 'n swanger vrou vermoor en haar lyk vir langer as 'n maand in 'n asblik by hom gehou het, het sy eerste verskyning in die Bloemfonteinse Landdroshof gemaak.
Die 36-jarige Meloko Emanual Mapitsi van Bloemspruit het gister vlugtig verskyn op twee aanklagte van moord. Polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die tweede moordklag is weens die gevorderde stadium van sy voormalige meisie, 20-jarige Francina Lebete, se swangerskap toe hy haar vermoor het.
Hy is Dinsdagoggend vroeg by sy huurwoning in Bloemspruit in hegtenis geneem nadat lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum op Lebete se ontbinde liggaam in 'n geseëlde asblik afgekom het.
Mapitsi moet weer op 10 Oktober in die hof verskyn.