On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Local News

Wilgehof Laerskool sondaar gemaak: Fedsas

───   SABRINA DEAN 09:19 Fri, 02 Aug 2013

Wilgehof Laerskool sondaar gemaak: Fedsas | News Article
Sabrina Dean

Bloemfontein - Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, sê geen amptelike klagte is ingedien teen die onderwyseres van die Wilgehof Laerskool in Bloemfontein nie.

Fedsas se uitvoerende hoof, Paul Colditz het gereageer op nóg 'n beweerde rassevoorval by die skool, waarin 'n onderwyseres na bewering 'n kind geslaan en rassistiese skeldwoorde gebruik het.

Colditz sê die skool se beheerliggaam is glad nie in kennis gestel van die beweerde voorval nie.

Intussen het die Vrystaatse onderwysdepartement erken dat hy nie die mag het om die onderwyseres te skors nie.

Woordvoerder, Howard Ndaba sê die departement het gister 'n skorsingsbrief aan die vrou oorhandig, maar het later verneem dat sy deur die skool se beheerliggaam aangestel is en dus nie 'n werknemer van die departement is nie.

Die onlangste voorval kom weke na die skorsing van nog 'n onderwyser, Leonard MacKay, en skoolhoof Fanie Roelofzze oor bewerings van rassisme en pligsversuim onderskeidelik.





Podcasts

Paul Colditz :

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.