Local News
Honderde fietsryers neem in Bloemfontein aan "Ride for Burry" deel─── 09:11 Sat, 05 Jan 2013

Honderde fietsryers het vanoggend in Bloemfontein die kwessie rondom padveiligheid vir fietsryers uitgelig.
Liezl Liebenberg
Bloemfontein - Honderde fietsryers het vanoggend in Bloemfontein die kwessie rondom padveiligheid vir fietsryers uitgelig. Ride For Burry fietsritte vind vandag regoor Suid-Afrika plaas na die skokdood van top bergfietsryer, Burry Stander, in Shelley Beach aan die KwaZulu Natalse Suidkus. Stander het van 'n oefening af teruggekeer toe hy deur 'n minibus-taxi getref is. Hy is op die toneel dood verklaar.
OFM se Algemene Bestuurder, Nick Efsthatiou, sê sowat 650 fietsryers het vanoggend in Bloemfontein aan 'n vyfkilometerlange fietsrit, wat deur die stad se fietsrygemeenskap gereël is, deelgeneem. Stander was in 2009 die wenner van die eerste MTN OFM Classic Bergfietswedren in Bloemfontein.
Intussen het die polisie bevestig dat die bestuurder van die taxi wat na bewering in die ongeluk betrokke was, Maandag in die landdroshof in Port Shepstone sal verskyn. Hy staar 'n klag van strafbare mansslag in die gesig.
Stander se pa, Charles, het gister aangedui dat sy seun se begrafnisreëlings volgende week gefinaliseer sal wees.

Nick Efstathiou: