Local News
Vyf-duisend rondtes ammunisie in kerk op Schweizer-Reneke gekry─── 15:08 Fri, 31 Aug 2012

Schweizer-Reneke - Die Noordwes-polisie het in Schweizer-Reneke afgekom op meer as 5 000 rondtes ammunisie.
Polisiewoordvoerder Thulani Ngubane sê die ammunisie was onder die houtvloer van 'n kerkgebou op die dorpie versteek.
Die ammunisie was in drie kratte gepak.
Die patrone was 9mm-, R1- en R5-kaliber. Ngubane sê die ammunisie is onder 'n valdeur agter die preekstoel gekry.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Die polisie ondersoek 'n klag van die onwettige besit van ammunisie.