International
Oekraïne vra Suid-Afrika om ontvoerde kinders te help terugbring─── 11:30 Fri, 25 Apr 2025

Tydens sy blitsbesoek aan Suid-Afrika het pres. Wolodimir Zelenski pres. Cyril Ramaphosa gevra om Oekraïense kinders wat in Rusland is, te help terugbring huis toe.
Zelenski het ’n lys van 400 kindername oorhandig en Suid-Afrika gevra om spesifiek met hul repatriasie te help.
“Vandag het ek aan pres. Ramaphosa ’n lys van 400 Oekraïense kinders oorhandig wat nou teen hul wil in Rusland is. Ongelukkig, weens die oorlog, word ons deur ’n verskriklike probleem in die gesig gestaar: die Russe het tienduisende kinders uit die besette gebiede in Oekraïne ontvoer.
The #BringKidsBack campaign starts today—Russia must return the stolen children of Ukraine.
— Sviatlana Tsikhanouskaya (@Tsihanouskaya) April 16, 2025
We can't forget that Lukashenka is complicit in the abduction of thousands of ???? children to Belarus.
Every child torn from their family must be brought home.#ChildrenAreNonNegotiable pic.twitter.com/YO3LcygU2t
“Ons moet hulle almal terugbring, asook duisende gevangenes – beide militêr en burgerlik – wat reeds jare lank onder onmenslike toestande in Russiese gevangenisse aangehou word,” sê Zelenski. Sedert die begin van die oorlog het ongeveer 20 000 kinders vermis geraak.
Baie is na bewering ontvoer en na Rusland of Belarus geneem. Oekraïense amptenare doen ’n beroep op internasionale steun, insluitend van Suid-Afrika, om hul terugkeer te verseker.
Suid-Afrika word as ’n sleutelvennoot gesien in ’n wêreldwye koalisie om die kinders terug te besorg. “Om ’n regverdige en blywende vrede te bewerkstellig, vereis dit die terugkeer van al hierdie Oekraïense kinders na hul huise,” beklemtoon Andrii Sybiha, die minister van buitelandse sake.
Zelenski se besoek aan Suid-Afrika het vergaderings met Ramaphosa en leiers van die burgerlike samelewing ingesluit, te midde van ’n groter veldtog getiteld #ChildrenAreNonNegotiable. Ander lande, insluitend Katar, is ook betrokke by hierdie humanitêre pogings.
Die lot van hierdie kinders word geïllustreer deur Wladislaw Roedenko, wat 16 was toe hy gevange geneem en nege maande lank in kampe in die Russies-besette Krim en Cherson aangehou is voordat hy deur die NRO Save Ukraine gered is.
Oekraïense bronne berig dat slegs 1 300 kinders suksesvol terugbesorg is. Foto: X
“Ons het wakker geword met die Russiese volkslied, die vlag gehys, oefeninge gedoen. Ná ontbyt het hulle ons vertel wat oornag in Rusland gebeur het … Toe het ons Russiese films gaan kyk,” onthou Roedenko.
Volgens die Yale-skool vir Openbare Gesondheid is meer as 8 400 kinders na minstens 57 instellings verskuif – 13 in Belarus en 43 in Rusland of in besette gebiede – waar hulle aan “heropvoeding” en in sommige gevalle militêre opleiding onderwerp word. Oekraïense bronne berig dat slegs 1 300 kinders suksesvol terugbesorg is.
In ’n opgedateerde artikel deur die Instituut vir die Studie van Oorlog, word berig dat Oekraïne tot dusver Rusland se deportasie van 19 456 kinders kon bevestig, hoewel die ware syfer waarskynlik baie hoër is omdat Rusland gereeld kwesbare kinders teiken sonder dat iemand namens hulle kan praat.
The world should be screaming. It’s silent. pic.twitter.com/fjAgGMSaE8
— Johanna Nyman (@JohannaNyman5) April 22, 2025
Op 16 April is die simboliese Paasfeesveldtog van president Zelenski se inisiatief “Bring Kids Back UA” regoor Europese lande van stapel gestuur. Die inisiatief bring diplomatieke, wetlike, humanitêre en voorspraakpogings bymekaar om die Oekraïense terug te kry.
Meer as 200 Europese leiers, diplomate, politici, beïnvloeders en aktiviste het by die veldtog aangesluit. Onder hulle is regeringshoofde, ministers van buitelandse sake, Europese kommissarisse, parlementariërs, joernaliste, atlete en kunstenaars wat foto’s en boodskappe geplaas het.
Die inisiatief het ook sterk steun ontvang van ambassadeurs, menseregteverdedigers, leiers van die burgerlike samelewing en Oekraïense beïnvloeders.
??????#ChildrenAreNonNegotiable#BringKidsBack pic.twitter.com/IdPridppdp
— nabuk (@nabusKpgc10) April 19, 2025
Die VSA het voortgesette steun vir hierdie repatriasiepogings belowe, maar Oekraïense amptenare spreek kommer uit dat Amerikaanse begrotingsbesnoeiings onder pres. Donald Trump ondersoeke en operasies kan belemmer.
Die ontleder Karolina Hird waarsku dat kinders wat Russiese burgerskap kry, moontlik in die Russiese weermag opgeroep kan word – ’n potensiële skending van internasionale reg.
“Ons herinner die wêreld daaraan dat sonder die terugkeer van die kinders wat deur Rusland ontvoer is, die oorlog nie werklik as iets an die verlede beskou kan word nie,” lui ’n verklaring van Zelenski se kantoor.
OFM Nuus mvh