International
Mianmar-aardbewing: Hulp stroom in ná meer as 1 700 sterftes─── 12:40 Sun, 30 Mar 2025

Mianmar se militêre leiers het die naweek buurlande toegelaat om skepe, vliegtuie en reddingspanne te stuur om te help ná een van die kragtigste aardbewings in die land se geskiedenis.
Mianmar is getref deur ’n verwoestende aardbewing van 7,7 op die Richterskaal.
Meer as 1 700 mense is volgens die BBC dood en 3 400 beseer, soos berig deur Mianmar se militêre regering. Die episentrum was 16 km noordwes van Sagaing geleë, naby Mandalay, die land se tweede grootste stad, en ongeveer 100 km van die hoofstad Nay Pyi Taw. ’n Tweede skudding het kort daarna gevolg met ’n sterkte van 6,4.
Myanmar earthquake 17 million people affected ?? pray for their safety#Terremoto #TerremotoMyanmar #Myanmarquake #MyanmarEarthquakeBreaking #earthquakethailand pic.twitter.com/Um5QT2qVfP
— K13 News (@K13News) March 29, 2025
Senior generaal Min Aung Hlaing het ’n beroep gedoen op gekoördineerde pogings tussen militêre en burgerlike hospitale om effektiewe mediese hulp te verseker. Ten spyte van hierdie pogings is kritieke infrastruktuur soos lughawens, snelweë en brûe ernstig beskadig, wat volgens die Verenigde Nasies humanitêre operasies belemmer.
Die Amerikaanse geologiese diens skat dat die dodetal kan 10 000 oorskry, met skade wat Mianmar se jaarlikse ekonomiese uitset oortref. Die aardbewing se impak is in die naburige Thailand en suidwestelike China gevoel. In Thailand is 17 mense dood, en 78 bly vasgevang in puin nadat ’n wolkekrabber wat in aanbou was ineengestort het.
Building collapses in Thailand during an earthquake overnight... ??#bangkokearthquake #thailand #earthquake pic.twitter.com/ILDeoiZ30e
— Mrgunsngear (@Mrgunsngear) March 28, 2025
Myanmar se burgeroorlog, wat voortduur sedert die militêre staatsgreep in 2021 waartydens die Nobelpryswenner Aung San Suu Kyi verdryf is, het die land in chaos gelaat, met meer as 3,5 miljoen ontheemdes en gesondheidsorgdienste in wanorde.
Ten spyte hiervan het die opposisie Nasionale Eenheidsregering (NUG) ’n stilstad van twee weke op offensiewe militêre aksies aangekondig, wat sy weermag, geallieerde groepe en burgerlike organisasies in staat stel om te help met reddingsoperasies.
Myanmar earthquake's scared reality
— Chindwin News Agency (@TheChindwin) March 30, 2025
The pains, suffering and agony of the affected families are immense, beyond what words can express.
In their time of grief and profound sadness, the survivors find support from the monks in Myanmar, who offer blessings and encouragement as… pic.twitter.com/Fca2QsPtrG
Mianmar het sedertdien internasionale hulp begin ontvang. CNN berig minister Aung Hlaing, die leier van Mianmar se militêre regering, het 'n seldsame pleidooi vir hulp gerig en organisasies en nasies genooi om behoeftiges te help.
- Sjina: Sjina beklemtoon sy jare lange vriendskap met Mianmar en stuur ’n reddings- en mediese span van 37 lede, die eerste internasionale groep wat opgedaag het. Toegerus met gevorderde gereedskap soos lewensopspoorders, hommeltuie en satelliettoestelle, het hulle noodsaaklike noodlenigingsmateriaal gebring.
- Indië: Indië het ’n mediese span van 118 persone ontplooi wat in Naypyidaw en Mandalay sal werk. Daarbenewens is ’n soek- en reddingspan, saam met twee skepe met hulp gestuur, met meer besendings wat sal volg.
- Rusland: Die Russiese president Wladimir Poetin het sy medelye betuig en hom daartoe verbind om vliegtuigvragte noodlenigingsvoorraad en personeel na Mianmar te stuur.
- Verenigde State: President Donald Trump het die aardbewing as “verskriklik” beskryf en Amerikaanse steun belowe en gesê dat hulp reeds voorberei word.
- Ander bydraers sluit in die Europese Unie, wat € 2.5 miljoen in noodhulp belowe het, sowel as Suid-Korea, Maleisië en Singapoer. Saam poog hulle om Mianmar te help herstel van een van sy mees verwoestende natuurrampe.
OFM Nuus cg