On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Inspiration

Oud-Vrystater leef met oorgawe ná oorplanting

───   09:00 Wed, 03 Apr 2024

Oud-Vrystater leef met oorgawe ná oorplanting  | News Article
Suretha en Cedric Campher saam met hul seuntjie. Foto verskaf

Niks keer Suretha Campher om haar gesin eerste te stel en haar drome te volg nie.

Suretha Campher het in Januarie 2011 op 23-jarige ouderdom in Bloemfontein 'n nieroorplanting gehad. Haar ma was die skenker. As atleet neem sy aan die Nasionale Oorplantingspele deel en het die Suid-Afrikaanse rekords in die vir 100 m en verspring verbeter.

Suretha en Cedric Campher is trots op haar prestasies. Foto verskaf

Suretha is 'n gebore Vrystater en die middelkind van drie susters. Sy was nog altyd 'n gesonde mens en lief vir oefening en gesond eet. Die diagnose was ’n geweldige skok vir haar hele familie.

Slegs vier dae nadat Suretha gediagnoseer is, het sy haar ouma weens ouderdom en siekte verloor, maar haar ma het voortgegaan in haar geloof en moederlike pligte. Sy is steeds soos ’n stoomtrein, onstuitbaar in haar werk as musiekonderwyseres in haar gemeenskap.

Suretha Maartens bly deesdae in Mpumalanga. Foto verskaf

Behalwe vir die paar beperkings wat oorplantingspasiënte het, soos om 'n bietjie versigtig te wees vir stampe, ens., het haar lewe meer in die oog verander as in die praktyk. Sy beskou die lewe weer as 'n kind, gryp geleenthede aan en sien dinge vir die wonderwerke wat dit is. Waardeer die mense in haar lewe en die kanse wat sy gegun word.

Haar ma, Maretha Steyn – destyds ’n bekende orrelis en musiekonderwyser in die stad – het in Januarie 2011 aan OFM Nuus gesê sy is oorstelp van vreugde dat sy 'n kans op ’n nuwe lewe aan haar dogter kan gee. Maartens het destyds gesê dit is die grootste geskenk wat ’n kind van ’n ouer kan ontvang. Die nieroorplanting is in die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein uitgevoer. 

Vir Suretha is haar gesin haar grootste prioriteit, terwyl sy besig is om voor te berei vir die volgende Oorplantingspele wat in 2025 in Dresden, Duitsland, plaasvind.

Lees meer oor die spele: https://wtgf.org/

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.