On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Ikoniese Rodriguez kom weer na SA

───   12:47 Thu, 25 Oct 2012

Ikoniese Rodriguez kom weer na SA | News Article
Kaapstad – Die legendariese sanger-liedjieskrywer Rodriguez sal die somer vir twee vertonings in Kaapstad en Johannesburg na Suid-Afrika terugkeer.

Die twee vertonings is geskeduleer vir Vrydag, 15 Februarie by die Big Top Arena in Carnival City, Johannesburg, en Woensdag, 20 Februarie, by die Grand Arena in die GrandWest-kompleks in Kaapstad.

Die Mexikaans-Amerikaanse sanger, wat slegs as Rodriguez bekend is, se musiekloopbaan het in die 1960's in Detroit begin. Hy het in 1969 'n album opgeneem en baie het geglo dat hy sy stempel as een van die beste kunstenaars van sy generasie gaan afdruk. Dit het egter nie gebeur nie en die sanger het verdwyn en gerugte laat ontstaan dat hy selfmoord gepleeg het.

Sy debuutalbum, Cold Fact, het 'n lewe van sy eie gekry toe dit in Suid-Afrika versprei is. Dit is deur die Suid-Afrikaanse regering verbied, maar die album het toe 'n landwye fenomeen geword. Rodriguez was onbewus dat hy kilometers ver duisende aanhangers het.

Kaartjies word vir tussen R225 en R520 verkoop.

Nuus24


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.