Human Interest
Potch dokter veilig in Christchurch─── 16:39 Fri, 25 Feb 2011

Karien Jordaan
Internasionale reddingswerkers soek steeds onverpoosd na oorlewendes na Dinsdag se aardbewing in Christchurch. Die Nieu-Seelandse premier, John Key, het gewaarsku dat die dodetal, wat tans op 103 staan, vandag en môre drasties kan styg. Intussen sê 'n Potchefstroomse Uroloog wat die aardbewing beleef het, die Nieu-Seelanders is geweldig ondersteunend. André Cronje en sy vrou, Celeste was by 'n mediese kongres. ronjé sê 3 000 huise is reeds oopgestel vir mense wat sonder heenkome is. Hy sê hulle bagasie is steeds in hulle hotel, wat tans nie betree mag word nie, maar hulle het gelukkig hulle paspoorte by hulle gehad. Die Cronjé's hoop om volgende Saterdag terug te vlieg Suid-Afrika toe.
Potch dokter veilig in Christchurch: