Human Interest
Deon Helberg n held─── 14:44 Tue, 08 Dec 2009

Owen Kock
George - Die Springbok Sewes-speler Deon Helberg wat gister op die vlug van Kaapstad na George was toe die vliegtuig die aanloopbaan verlaat het,
was meer as net 'n passasier. Hy het mede-passasiers by 'n nooduitgang uitgehelp nadat die vliegtuig tot stilstand gekom het. Springbok Sewes-afrigter Paul Treu sê hulle ondersteun Helberg terwyl hy oor die trauma kom, en glo hy sal die naweek kan uitdraf vir die Jong Bokkies.