General
Kenners waarsku: Moenie bestuur as sigbaarheid swak is─── HEIDRÈ MALGAS 11:57 Tue, 11 Jul 2023

Die weerstoestande dra by tot swak sigbaarheid op paaie. Kenners sê die basiese beginsel geld: “As jy nie kan sien nie, moenie bestuur nie.”
Arrive Alive sê in die winter is dit baie keer mistig en die beste voorstel is dat bestuurders hul roete beplan om seker te maak dat die sigbaarheidtoestande ideaal is om te bestuur.
Arrive Alive se wenke:
- Moenie dat enigiets jou aandag aftrek as jy bestuur nie en moenie onnodig met die kontroles peuter nie.
- Vermy die versoeking om die voorruit met jou hande af te vee. Dit laat merke op die venster wat die probleem vererger.
- Moenie jou mou gebruik nie, want jou asem sal die venster weer laat toe wasem.
- Waak daarteen om die lug in die motor te hersikuleer want dit verhoog die humiditeit wat meer wasem kan veroorsaak.
Die voorruit is baie belangrik vir die bestuurder sodat hy die verkeerstoestande deeglik kan monitor terwyl hy bestuur.
Die VR Med-ambulansdiens se woordvoerder en bemarkingsbestuurder, Peter Dahl, sê om 'n veilige volgafstand te handhaaf, veilig te bestuur en waterpoele in die pad te vermy is die beste manier om veilig in die wintertoestande te wees.