On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

General

Vandag in die Nuus: 25 September 2022

───   13:02 Sun, 25 Sep 2022

Vandag in die Nuus: 25 September 2022 | News Article
FOTO: Vrystaatse regering

Hierdie is van jou hoofstories vandag, 25 September 2022, soos berig op OFM, die klank van jou lewe.

Die Jagersfontein-gemeenskapstrust in die Vrystaat dagvaar die Minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe se departement, vir R30 miljard.

Die departement word egter nie gedagvaar vir die Jagersfontein-mynramp wat die lewe van een persoon geëis het, talle beseer het en meer as 200 mense dakloos gelaat het nie.

Riaan van Wyk van die Jagersfontein-gemeenskapstrust sê die departement word gedagvaar vir 'n oortreding van statutêre pligte.

Die kantore van beide die minister en myn moet nog kommentaar lewer op OFM-nuus se navrae.


Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het intussen aangekondig dat hulle môre sal begin om huise van geaffekteerde Jagersfontein-inwoners te herbou.

Haar aankondiging volg nadat talle inwoners sonder huise gelaat is nadat 'n myndamwal daar gebars het.

Ntombela het gepraat tydens die begrafnisdiens van die 78-jarige Aaron Mosoeu, wat die enigste bevestigde persoon is wat in die ramp oorlede is.

Die Premier het ook 'n beroep op die gemeenskap van Jagersfontein gedoen om saam te staan in hierdie moeilike tyd.

Sy het verder gesê die regering werk 24uur 'n dag om diegene by te staan wat geraak is deur die tragedie wat op Sondag 11 September plaasgevind het.


Sewe mense is dood en drie ander is in 'n kritieke toestand toe twee ligte motorvoertuie reg van voor met mekaar gebots het op die R31, sowat 15 km buite Kuruman in die Noord-Kaap.

Volgens die woordvoerder van ER24, Russel Meiring, het hulle en ander dienste gister voor 12-uur die middag op die toneel aangekom en een voertuig op sy dak op die pad gevind.

Altesaam sewe mense is dood verklaar en drie ander wat in 'n kritieke toestand was, is op die toneel behandel en daarna na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.


EN...Die Noordwes se premier gaan probeer om die Batho Pele-beginsel te laat herleef.

Dit, soos premier Bushy Maape na verwagting môre die Provinsiale Geïntegreerde Staatsdiensmaand-herdenking by die Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit gaan lei.

Die tema van vanjaar se herdenking is “Batho Pele Revitalisation-Walking the Talk”.

Volgens die woordvoerder van die provinsiale regering, Brain Setswambung, poog die inisiatief om die gaping tussen die regering en gemeenskappe te verminder deur kommunikasie te verbeter, regeringsdienste ten toon te stel, en gemeenskappe te bemagtig oor prosesse om toegang tot sulke dienste te verkry.


LUISTER:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.